Kompetisiereëls

Pioneer Weeg & Wen Opbrengskompetisie

(Mielies, Sojabone en Sonneblomme)

DIE INSKRYWINGSPROSES

Inskrywings sluit op 31 Julie 2024.

Inskrywings vir 2024 is gratis!

a) Voltooi die aanlyn inskrywingsvorm volledig – beskikbaar op www.weegenwen.co.za
b) Die inskrywing is voltooi sodra die aanlyn registrasie gedoen is en die GPS koördinate van die landery voorsien is. ‘n Bevestigende e-pos sal dien as bewys van die inskrywing.
c) Inskrywings is oop vir enige persoon, 18 jaar en ouer, wat in Suid-Afrika boer met enige geregistreerde kultivar van Pioneer.
d) Inskrywings mag slegs in ‘n individu of natuurlike persoon se naam wees, en mag nie vir meer as een persoon of vir ‘n regspersoon of handeldrywende entiteit wees nie.
e) Produksiepraktyke moet ten volle bekend gemaak word op versoek van die organiseerders. Deur in te skryf, gee u toestemming dat opbrengsresultate en produksiepraktyke in die media gepubliseer mag word.
f) Enige vorm van wettige inset- en/of produksiemetodes wat opbrengs kan verhoog, is toelaatbaar.
g) Inskrywings vir 2024 is gratis.
h) Die inskrywing is vir ‘n aaneenlopende 2-hektaar blok van ‘n enkele kultivar.
i) U moet ten minste 14 dae vóór die beplande oesdatum ‘n afspraak met u aangewysde toesighouer maak.
j) Geen terugbetalings van die inskrywingsgelde sal gemaak word nadat die inskrywing in die kompetisie databasis opgeneem is nie.
k) Inskrywings sluit op 31 Julie 2024.
l) Twee toesighouers sal tydens die oesproses teenwoordig wees, waartydens die gewig, vog en die oppervlak wat geoes is, bevestig sal word. Daar mag, volgens die diskresie van die organiseerders van die kompetisie, van die deelnemer verlang word om ‘n voorlopige oesskatting deur middel van ‘n opbrengsmonitor of weegwaentjie te voorsien, waarna die deelnemer moontlik nie gekies sal word om na die volgende fase van die kompetisie deur te dring nie, en die toesighouers nie die oesproses sal voltooi nie.
m) Die volledige voltooide oesvorm moet binne 7 dae ná oes insgestuur word, teen die laatste 7 Augustus 2024. Stuur die oesvorm na info.rsa@pioneer.com

Laai Oesvorm Af

 

1. VOORSKRIFTE VIR DIE OESPROSES

Vir die kompetisie-inskrywing, moet daar volgens die volgende voorskrifte geoes word:

a) Die oesverslagvorm moet volledig voltooi word en binne 7 dae ná oes ingestuur word, teen die laatste 7 Augustus 2024.
b) Indien die kultivar op die inskrywingsvorm verskil van die oesverslag, sal die kultivar op die oesverslag gelys word.
c) Die organiseerders behou die reg voor om toesighouers te kontak om die nakoming van die kompetisiereëls te bevestig. Die organiseerders behou ook die reg voor om, met voorafkennisgewing, enige oesprosesse waar te neem.
d) Dit bly die verantwoordelikheid van die deelnemer om toe te sien dat die oesverslagvorm behoorlik voltooi, en aan die kompetisiekantore gestuur word teen die sluitingsdatum.

 

2. VOORSKRIFTE VIR DIE AANPLANTING

a) Die deelnemer sal uit ‘n area van ten minste 2 hektaar in grootte en van een kultivar, ‘n area van 2 hektaar aanwys wat geoes moet word. Die land mag enige vorm aanneem maar moet in ‘n aaneenlopende blok wees.
b) Die deelnemer en toesighouers is verantwoordelik om die akkurate rylengtes van ‘n oneweredige land te voorsien.
c) Alle buiterye/draairye en die gelyke aantal buiterye aan elke kant mag nie deel vorm van die aangewysde ‘kompetisie’ 2 hektaar nie.
d) Die deelnemer onderneem om die ‘kompetisieland’ met ‘n selfaangedrewe stroper te oes.

 

3. TOESIGHOUERS

a) Twee toesighouers, wat ná die bevestiging van die inskrywing aangewys is, moet tydens die oesproses, asook tydens die inweegproses by die silo, teenwoordig wees.
b) Toesighouers moet ten minste twee weke voor die oesproses gekontak word om die opbrengsmeting te reël.
c) Die organiseerders behou die reg voor om toesighouers, soos benodig, aan te stel, maar sal poog om AVCASA-gekwalifiseerde Ag-Chem agente, veldtegnikuste van die saad/kunsmisbedryf, asook geskikte verkoopsagente met die nodige akademiese kwalifikasies en/of praktiese ondervinding, aan te stel.
d) Beamptes van die Proteïen Navorsingsraad, die LNR, of landboukundiges van ander industrieë, kan deel vorm van die groep, asook werknemers van die oesversekeringsbedryf, universiteitsnavorsers, ens.
e) Die volgende persone kan nie toesighouers wees nie:
a) Die kompetisie deelnemer
b) ‘n Werknemer of familielid van die kompetisie deelnemer
f) Die toesighouer is vir die volgende verantwoordelik:
a) Moet teenwoordig wees tydens die oes, weeg, (gros, tarra) en vogbepaling
b) Mates van die oesperseel
c) Die voltooiing van alle berekeninge
g) Die toesighouer moet verseker dat die deelnemer se stroper en awegaar leegloop om seker te maak dat daar geen graan in is voor die aanvang van die meting nie.
h) Alle tapkarre, vragwaens en vragmotors moet deeglik deursoek word om te verseker dat dit heeltemal leeg is.
i) Die deelnemer is verantwoordelik om te verseker dat die oesvorm ingestuur word na info.rsa@pioneer.com.

 

4. METING

Maak gebruik van GPS tegnologie met 5 meter akkuraatheid.

 

5. BEREKENING VAN DIE HEKTARE GEOES

Die totale rylengte (geakkumuleerde lengte, asof slegs een ry geoes is), maal die rywydte, gedeel deur 10 000, is gelykstaande aan die aantal hektare geoes.

 

6. DIE WEEGPROSES

a) Die deelnemer sal 2 hektaar in die teenwoordigheid van die twee toesighouers oes en die graaninhoud van die 2 hektaar na die graanvervoerhouers oorplaas, waarna die graan na die plaaslike koöperasie geneem sal word om geweeg te word.

 

7. VOGBEPALING

‘n Ervare persoon moet die vogbepaling op ‘n verteenwoordigende monster van die graan uitvoer. Dit word aanbeveel om die monster ten minste drie keer te toets en die gemiddelde van die drie lesings te neem. Die vog moet op die oesvorm aangeteken word, of ‘n vog bewysvorm moet aangeheg word.

 

8. OESBEREKENING

Alle berekeninge moet tot die 4de desimale punt gedoen word. Neem eerstens die kilogram graan wat geoes is, aangepas na 12.5% vog in die geval van mielies. Deel dit dan met die aantal hekare wat geoes is, om sodoende die opbrengs per hektaar te bepaal.

 

9. KOMPETISIE-TOEKENNINGS EN WENNERS SE VERPLIGTINGE

a) Indien ‘n deelnemer twee of meer kultivars inskryf, sal slegs die hoogste inskrywing in aanmerking kom vir ‘n toekenning.
b) Weeg & Wen toekenings sal gemaak word aan die 1ste, 2de en 3rde plek wenners van alle kategorieë.
c) Die top 3 wenners van elke kategorie sal deur Pioneer ingeskryf word vir die Graan SA Groei vir Goud Opbrengskompetisie.
d) Pioneer hou nie ‘n toekenningsfunksie nie – finaliste van die Graan SA Groei vir Goud Opbrengskompetisie, sal na die Graan SA funksie uitgenooi word.

 

10. OPBRENGSVORM

a) Opbrengsvorms moet teen 7 Augustus 2024, en binne 7 dae na die oes, per e-pos gestuur word na info.rsa@pioneer.com.
b) Geen inligting oor die kompetisie-uitslae sal beskikbaar wees voor dit nie in die pers vrysgestel is nie. Resultate van die Pioneer kompetisie sal vanaf 31 Augustus 2024 vrygestel word.
c) Besluitneming deur die kompetisie-organiseerders, in alle sake, is finaal. Die kompetisie-organiseerders behou die reg voor om enige inskrywing te diskwalifiseer, sonder enige terugbetaling van die inskrywingsfooi, indien enige van die genoemde reëls nie nagekom word nie.

 

11. KLEINSKAAL PRODUSENTE KATEGORIE – PROTOKOL

Sien “Competition Rules” bladsy, onder punt nommer 11.

 

12. KAART – STREEKSINDELING

Vai a letto prima di quanto torni a casa dal calcio, e al Farmaciaitaliana24 dorme più a lungo, come è arrivato tardi. Forse tra la notte farai qualcosa, ma non oggi.

Kontak Ons

™ ® SM Trademarks and service marks of Corteva Agriscience and its affiliated companies and registered licensors. © 2024 Corteva.