Deelnemende graanboere ding in verskillende streekskategorieë mee om die verskeie mielie-, soja- en sonneblomtoekennings in te oes. Die inligting wat Pioneer gedurende hierdie kompetisie insamel, is nog ’n manier waarop die maatskappy met kwekers saamwerk om navorsingsinisiatiewe te bevorder en om plase se opbrengs per hektaar te verbeter deur die aanplant van die regte produkte.